Login

Drome

Artist Heuning
Title Drome
Release Date Friday, May 15, 2015
Genre Country > Country-Pop
Copyright © David Gresham Records
Country SOUTH AFRICA

Promotion Text

South African Afrikaans Country Music

Die groep HEUNING, wat bestaan uit HenkDercksen en Jeanette Rootman, het in 2012 hulledebuut album Heuning vrygestel. Hulle is dieeerste duo wat kontemporêre Afrikaanse Countrymusiek opgeneem het. Heuning was baie vinnigop almal se lippe en in 2013 is hulle bekroon met'n Ghoema toekenning vir Country Album VanDie Jaar. Jeanette se passie vir musiek het reeds as 'n kleindogtertjie begin en op 12 jaar het sy haar eersteplatekontrak by Decibel Musiek gekry. Sy het 'ntotaal van 6 albums uitgebring, insluitende 2Country albums en 'n kinder-album. Sy was ookdie stem agter die gewilde ‘Selflees en luisterreeks vir kinders’, wat meer as 48 000 eenhedeverkoop het.Henk Dercksen het direk na skool dadelik die vermaaklikheidswêreld betree toe hy 'nplatekontrak by David Gresham Records gekry het. Alhoewel rugby sy eerste grootliefde was, is hy vandag glad nie spyt dat hy sy rugby tokse vir 'n mikrofoon verruil hetnie.Die groep se liedjies As Ek Val, Bietjie Langer Bly, Jy Is Myne,Drome en Skree het al op verskeie radiostasies se treffer parades gepronk. Hierdie dinamiese duo het omtrent die gehore aan hul voete met hul optredes.Hulle nuwe album DROME word in Mei 2015 vrygestel. Die album, wat steeds 'n baiesterk Country aanslag het, bestaan uit splinternuwe treffers soos ‘Ek Wil Met Jou Dans’en ‘Heuningbekkie’. Meeste van die liedjies kom uit Jeanette se eie pen en Henk het ooksy skryftalent ontdek met hierdie projek . Heuning was ook bevoorregd om liedjies op te neem wat deur Vaughn Gardiner, CarlaOberholzer en Ziggy Adolph geskryf is. Hulle is veral opgewonde oor die EngelseCountry liedjie ‘Today, Tomorrow And Always’, wat deur Clyde Otis en Rob Glick, tweeAmerikaanse liedjieskrywers, geskryf is. "Dit is vir ons 'n groot voorreg om 'noorspronklike liedjie op te neem deur 'n liedjieskrywer wat vir ikone soos Elvis Presley,Nat King Cole en Patti Page geskryf het." sê Heuning.

Pictures

Promotion Pictures

Management / Booking

Get in contact

Promotion plan

01.04.2015 First single to radio "Skree"
29.04.2015 Teaser single "Drome" for fans
15.05.2015 Album release date
13.06.2015 American tour
01.05.2015 Music video release for "Skree"

Videos